Berg-en-Dal is ‘n Christelike Kerk wat saam met die Kerk van alle eeue en in alle oorde, ons geloof in die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis bely… (meer)

Berg-en-Dal is a Christian Church which, together with the Church of all ages and in all places, confesses our faith in the words of the Apostolic Creed… (more)

Eredienste

Eredienste hierdie Sondag

14 April 2024
2e SONDAG Ná PASE
Kerkdiens: 09:30 – Doopbediening

-Ds. Jan Lubbe

Gesinsdiens in saal: 09:30 

-Ds. Johan Marais

Sothodiens: 15:00  

-Teol. Std. Steve Popane

Aanddiens: 18:00 – Jeug

-Ds. Janke Hurter

“Hier is ons! Met ons voete in die huis van die Here…” (Psalm 122)

Eredienste volgende Sondag

21 April 2024
3e SONDAG Ná PASE
Kerkdiens: 09:30 

-Ds. Janke Hurter

Gesinsdiens in saal: 09:30 

-Ds. Jan Lubbe

Sothodiens: 15:00  

-Teol. Std. Steve Popane

Aanddiens: 18:00 – Getuienis

-Ds. Willem van der Colff

Bediening aan die Oekraïne en die situasie in die oorloggeteisterde land

Skakels na Erediensuitsendings en Gemeentefokus

14 April 2024

2e SONDAG Ná PASE

Prediker: Ds. Jan Lubbe

Tema: Dié Eersgeborene uit die dood, is ook mý Sleuteldraer! 

Teks: Openbaring 1:4-5 & 17-18

31 Maart 2024

LYDENSTYD

PAASSONDAG

Feesdiens

Prediker: Ds. Janke Hurter

Tema: Moenie langer bang wees nie, ...want Hy is opgewek!"

Teks: Matteus 28:1-10

29 Maart 2024

LYDENSTYD

GOEIE VRYDAG

Prediker: Dr. Martin Laubscher

Tema: Kruis-pad...

Teks: Matteus 27

28 Maart 2024

LYDENSTYD

WITTE DONDERDAG

Paaswaak en Aandnagmaal

Prediker: Ds. Jan Lubbe

Tema: Laaste Avondmaal: "...dit is my liggaam, ...dit is my bloed"

Teks: Matteus 26

24 Maart 2024

LYDENSTYD

PALMSONDAG

Taizédiens - Diens van Stilte en Gebed 

Prediker: Ds. Jan Lubbe

Tema: Die Binneste Kamer / The Inner Room

Teks: Matteus 6:6

7 April 2024

1e SONDAG Ná PASE

Prediker: Ds. Johan Marais

Tema: Die kerk van Christus leef tussen onthou en verwagting... 

Teks: Matteus 28:6 & 11-15; Filippense 3:10-11 & 17-21

Besoek ons ARGIEF vir vorige YouTube-skakels en uitgawes van Gemeentefokus, asook vir die Liturgieë van vorige Taizédienste en sekere ander eredienste

Belangrike kennisgewings

April 2024

Ná Pase
Twee kruise op een foto 2024-03-28 Goeie Vrydag

Foto: Ds. Jan Lubbe

Sondag, 14 April 2024 -Jeugdiens 18:00 – Ds. Janke Hurter

Ons nooi graag al die tieners en jongvolwassenes: Kom ons gaan na die huis van die Here.

 “Hier is ons! Met ons voete in die huis van die Here…” (met Psalm 122).

Senior Kategese: Onthou, dis om 17:00 by die kerk en daarna woon almal saam die Jeugdiens by.

Sondag, 21 April 2024 – Aanddiens – 18:00
 Ds. Willem van der Colff
Ds. Willem van der Colff - 21 April 2024 - Landscape formaat
2e Kwartaal Bedieningsvergaderings

Ons bedieningsvergaderings vir die nuwe kwartaal het begin en ons nooi alle vrywilligers uit om saam te kom beplan:

  • Gemeentebediening: Maandag, 8 April – 17:30
  • Jeugbediening: Dinsdag, 9 April – 17:30
  • Erediensbediening: Dinsdag, 9 April – 19:00
  • Getuienis- en Barmhartigheidsbediening: Donderdag, 11 April -17:30
  • Komitee vir Diensverhoudinge: Maandag, 15 April – 17:30
  • Komitee vir Eiendomme: Dinsdag, 16 April – 17:30
  • Komitee vir Geldsake: Maandag, 22 April – 17:30
  • Bestuursraad: Maandag, 29 April – 17:30
Seniorbediening Kuieroggend
 Woensdag, 10 April 2024 – 09:30 

Spreker: Ds. Jan Lubbe

Tema: “Waarom is 2024 vir ons so ‘n gedenkwaardige jaar? (en ‘n roeping…)”

Alle senior lidmate (65+) word hartlik uitgenooi om Woensdagoggend te kom saamkuier.

Ná Goeie Vrydag...

Nuus van Elders

2024-04-08 ENGO Konsert in Mei 2024 WhatsApp Image 2024-04-08 at 14.30.29
NG Kerk Nuus
‘n Stukkie Kerkgeskiedenis

Dit is vanjaar, 2024, presies twee eeue sedert die eerste “Algemeene Kerkvergadering” op 2 November 1824 in Kaapstad byeengekom het; die eerste uitdrukking van ons kerkverband. Destyds was dit 14 gemeentes en ‘n vergadering van 25 lede, en hulle het uit verskillende historiese agtergronde, teologiese tradisies en spiritualiteite gekom – breedweg, die Reformasie, maar daar was Nederlandse hervormdes, sendelinge uit die London Missionary Society, en Skots-Presbiteriane. Dít was ons diversiteit van die begin af. In die volgende vier dekades egter, sou daar deur demografiese migrasies, sosio-politieke verskille en ‘n breë teologiese geskil nie minder as drie kerkverbande tot stand kom (Hervormd in die ZAR, 1853; Gereformeerd rondom Potchefstroom en Burgersdorp, 1859; algaande ook ‘n Zendingskerk, 1857 en later), asook selfstandige NG Kerke in Natal, die Vrystaat en Transvaal… Maar in 1824, was ons nog almal één.

Mag vanjaar se herdenking meer as net dít wees, ‘n “onthou”. Mag dit inderdaad herstel bring, heling en ‘n vind van mekaar in ons gedeelde roeping (waaroor daardie eerste kerkvergadering / sinode hartgrondig gepraat het).

Algemene Sinode van die NG Kerk 2023

Van Berg-en-Dal se kant af…

Die Kerkraad van Berg-en-Dal ondersteun ds. Jan Lubbe as voorsitter van die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk en bid hom die seën en wysheid van die Here toe vir sy roeping en verantwoordelikheid om ‘n leidinggewende rol binne die NG Kerk te vervul. Ook vir sy rol as voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk in die Vrystaat.

Algemene Sinode Moderamen se Roepingsverklaring vir die NG Kerk in 2024

Die Roepingsverklaring "Ons Roeping 200+" vir die NG Kerk na afloop van die eerste vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) gehou op 27-29 Februarie 2024:
2024-03-02 AS Roepingsverklaring.jpeg

Lees die “Skrywe aan alle Gemeentes van die NG Kerk in die Vrystaat” deur die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat uitgereik op Maandag 8 April 2024 (2024-04-09)

Lees die “Verklaring van Welwillende Voorneme” deur die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat na afloop van die eerste vergadering van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat gehou op 11 Maart 2024 (2024-03-16)

Lees die Roepingsverklaring “Ons Roeping 200+” vir die NG Kerk na afloop van die eerste vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) gehou op 27-29 Februarie 2024 (2024-03-02)

“Hoe hanteer Christene ongemak in die kerk?” Luister na ds. Jannie Pelser se onderhoud met dr. Anton Knoetze, voorsitter van die sg. Koinonia Sinode, en ds. Jan Lubbe, voorsitter van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen op 25 Februarie 2024 (2024-03-02)

Lees die Pastorale Brief van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat by die Jaareind (2023-11-30)

2023-11-23 Algemene Sinode Pasrtorale brief WhatsApp Image 2023-11-23 at 06.19.03 (1)

“Gaan voor ons uit, Here” 

Lees die Herderlike Brief van die Algemene Sinode (2023-11-22)

Sinodelied: “Sal U met ons saamgaan?” 
Gekomponeer deur Dr. Zander van der Westhuizen (2023-11-22)

Algemene Sinode 2023: Lees meer in die Kerkbode se Amptelike Afdeling oor die besluite wat by die jongste Algemene Sinode (15-20 Oktober 2023) geneem is (2023-10-27)

Die NG Kerk en die toekoms – Freek Robinson voer gesprek met ds. Jan Lubbe (op LitNetKanaal) oor lidmaatgetalle, erediensbywoning, selfdegeslaghuwelike, verhoudings met ander kerke en die NG Kerk se volgehoue bydraes tot noodleniging in ons land (2023-10-25) 

Ondersteun ons