Berg-en-Dal Kerk

‘n plek van gebed…
‘n plek van samekoms…
‘n plek van hoop…

Erediensbediening

Voorsitter:

Martin Laubscher – 0764773680

Prioriteite

Om gestalte te gee aan Berg-en-Dal se missie rakende die amptelike verkondiging van Gods Woord:

Die roeping van Berg-en-Dal om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik deur Hom te aanbid en vreugdevol te loof onder die suiwer bediening van sy Woord en die sakramente in ons eredienste.”

Bedieningstyl by Berg-en-Dal

-Die verkondiging van die Woord en die bediening van die sakramente staan sentraal in ons eredienste-


Berg-en-Dal streef na ‘n eietydse Gereformeerde liturgie en gebruik Die Bybel: 2020-vertaling en die Liedboek van die Kerk (2001).

Eredienste reflekteer die seisoene van die kerkjaar: 

    • eerste helfte van die jaar – Epifanie, Lydenstyd en Paasfees – preekreeks uit een van die vier Evangelies
    • tweede helfte van die jaar – Koninkrykstyd – preekreeks uit die Ou Testament

 

Spesiale reekse dienste word tydens die Week van Gebed (einde Januarie), Groot Lydensweek en tydens Pinkstertyd (tussen Hemelvaart en Pinkstersondag) gehou.

Sakramentsbediening:

    • Doop – eerste Sondag van elke maand of soos deur doopouers versoek
    • Nagmaal – minstens een maal per kwartaal (soos op die almanak aangedui)

 

Musiekbediening:

    • kerk: orrelspel en -begeleiding – Johan Cromhout
    • kerk: orrel en ander musiekinstrumente by Taizé-dienste en ander spesiale geleenthede
    • gesinsdienste in saal: klavierbegeleiding – Lienkie Marais

 

Gesinsdienste in die saal – gerig op gesinne met jong kinders – tydens skoolkwartale.

Sotho-dienste – gerig op Sothosprekendes – Sondagmiddae om 15:00.

Aanddienste – ‘n meer intieme, informele karakter, met ‘n spesifieke tema.

Uitnodiging aan lidmate

-Lidmate en belangstellendes is by enige erediens welkom- Raak betrokke…

Kom help met:

  • Blomme in kerk
  • Verwelkoming by deure
  • Voorafsang
  • Musiekinstrumente
  • Voorleeswerk
  • Rekenaarhantering by direkte uitsendings van eredienste

Orrelfonds:
  • Donasies word welkom vir die instandhouding en gereelde stem van die orrel en twee klaviere
  • Hulp word verwelkom met bydraes van eetgoed en bediening van tee en verversings by die Koragiete se fondsinsameling vir die orrel – twee geleenthede per jaar, Sondagoggend ná kerk onder die afdak

Gemeentebediening

Voorsitter:

Jacqueline Hechter – 0826063221

Prioriteite
  • Bestudering van die Woord van God en ons Christelike belydenis
  • Toewyding in gebed
  • Koinonia
  • Onderlinge omsien na en sorg vir mekaar
  • Uitbou van ons gereformeerde identiteit in ‘n moderne konteks
  • Deel van die Evangelie van Jesus Christus met mekaar deur ons woorde en dade
Gemeentelike aktiwiteite onder Gemeentebediening se sorg

Bybelstudie

Woensdagaand Bybelstudiegroep - 19:00 - Konsistorie en aanlyn - ds. Jan Lubbe - 0827849362.

Woensdagaand Jeug-Bybelstudiegroep - 19:00 - Jeugkamer - ds. Janke Hurter - 0788949166.

Donderdagoggend Bybelstudiegroep - 09:00 - Konsistorie - ds. Johan Marais - 0845178052.

Gebedsbediening

Sondagoggende - 08:30.

Bid saam vir ons eredienste in Berg-en-Dal en vir die Woordverkondiging wêreldwyd - tuis of by die kerk.

Bid vir gemeentelike aktiwiteite en vir ons leraars en ander geestelike leiers in die gemeente.

Voorbidding vir sendelinge, asook vir die mense en organisasies na wie Berg-en-Dal uitreik en hulp verleen.

Voorbidding vir ons stad, ons land en vir die wêreld.

Verwelkoming van nuwe lidmate

Skep geleenthede vir bestaande en nuwe lidmate om mekaar beter te leer ken en vir beter inskakeling. 

Seniorbediening

Maandelikse kuiergeleentheid vir senior lidmate (65+) van Berg-en-Dal.

Vrouelidmate

Die Vrouekomitee en wyksleidsters in die gemeente lewer ondersteuningsfunksies in Berg-en-Dal en inisieer spesiale projekte.

Kermis

Jaarlikse gemeentekermis en padwedloop - September.
Ter viering van die gemeente se verjaardag. 

Publikasies

Jaarlikse kalender, kwartaalblad: woord@bergendal, webtuisteversorging en verspreiding van weeklikse Fokusnuusbrief en maandelikse Kerkbode.  

Beurse vir teologiestudente

Berg-en-Dal ondersteun jaarliks een of meer teologiestudente aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat.

Studiebeursnavrae: skakel met een van die leraars of die kerkkantoor. 
Uitnodiging aan lidmate

Raak betrokke…

  • Skakel in by ‘n weeklikse Bybelstudiegroep
  • Bid saam
  • Kyk uit vir nuwelinge en vreemdelinge en laat hulle tuisvoel 
  • Skakel in by die Seniorbediening se kuiergeleenthede 
  • Raak betrokke by die Vrouediens se projekte
  • Word deel van die Kermisspan se sameroepers en medewerkers 
  • Word ‘n medewerker aan die kwartaallikse woord@bergendal
  • Bied jou diens aan om op ‘n Vrydag die Fokusnuusbrief  by verswakte senior lidmate af te lewer
  • Ondersteun en bid vir die opleiding van teologiestudente

Jeugbediening

Voorsitter:

Rikus van Pletzen – 0834620122

Prioriteite
  • Om dooplidmate en jongmense, wat onlosmaaklik deel is van die eredienste en gemeenskap van gelowiges in Berg-en-Dal, in hul lewenswêreld te ontmoet en te bereik
  • ‘n Ruimte te skep in die vorm van die Gesinsdiens vir die verkondiging van die Woord gerig op gesinne met jong kinders
  • Kategese – Verbondsonderrig aan dooplidmate in Berg-en-Dal en Huis Eie Haard
  • Bediening aan kinders in Huis Eie Haard (koshuis van Hoërskool Sentraal) 
Jeugleraar

Berg-en-Dal se Jeugleraar, ds. Janke Hurter, is verantwoordelik vir:

  • Ontmoetingsgeleenthede vir verskillende ouderdomsgroepe – “Kleinspan”, “Wildsbokke”, “Vastrappers”, “Matrix” en  Jongmense (20/30’s)
  • Sosiale programme, uitreike en kampe
  • Bediening aan kinders van Huis Eie Haard by Hoërskool Sentraal – Lofprysingsgeleenthede (Praise&Worship)
  • Pastorale sorg vir tieners en jongmense
  • Kategese
  • Sosiale media: Facebook en Instagram
Uitnodiging aan lidmate

Raak betrokke…

Kinders, tieners en jongmense:

  • By al die ontmoetingsgeleenthede vir verskillende ouderdomsgroepe
  • By aksies en uitreike

 

Ouers:

  • By Kategese
  • By aksies en uitreike – hulp met vervoer en toesig wanneer nodig

Laai die program vir 2024 se Jeugbyeenkomste hier af:

Getuienis- en Barmhartigheidsbediening

Voorsitter:

Ellen-Anne Swart -0836728445

Missie

Barmhartigheidsbediening

Om soos Christus daadwerklik om te gee vir armes en sorgbehoewendes in ons gemeente en gemeenskap.

Getuienisbediening

Om in ooreenstemming met die groot opdrag van Christus self, mee te werk aan die verkondiging van Gods Woord aan alle volke en nasies.

Herstrukturering van werksaamhede

Die bediening van die Woord en die bediening van brood (en omgee) loop hand aan hand.

Getuienisbediening en Barmhartigheidsbediening het voorheen as twee afsonderlike bedieninge gefunksioneer. In 2019 is die twee bedieninge se werksaamhede saamgevoeg en gekonsolideer as ‘n nuwe “Getuienisbediening”. 

Barmhartigheidsbediening

“Wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen.”

Berg-en-Dal is op ‘n gereelde basis betrokke by:

  • Alimentasie in die gemeente
  • Bloemshelter – Anchor of Hope – weeklikse voorsiening op Vrydae van maaltye aan 25-30 inwoners deur ‘n Berg-en-Dal wyk 
  • Onkologie by Nasionale Hospitaal – maandelikse uitreik en verkoop van Sotho Bybels en Hosannas
  • ENGO
  • Siësta Aftree-oord 
  • Hospice Bloemfontein
  • Sunflower House
  • Jeugsorgsentrum Gladstoneweg

Berg-en-Dal ondersteun ook periodiek:

  • Plaaslike gemeentes in nood (bv. NG Ooshoek gemeente)
  • VGKSA Heatherdale
  • NGKA Botshabelo
  • Noodlenigingsprojekte van sinodes van die NG Kerk in gevalle van groot natuur- en ander rampe in ons land
Gemeentemark

Berg-en-Dal se maandelikse gemeentemark:

  • Verkoop voorheen gebruikte klerasie en huishoudelike artikels
  • Op ‘n Vrydag (soos aangedui op Almanak 2024)
  • Benodig helpers vir voorafuitpak van goedere
  • Benodig helpers vir verkope
  • Benodig goeie tweedehandse goedere vir verkope
  • Inkomste uit verkope: vir Barmhartigheid

Skakel met Jaco van Niekerk – 0789918013 – om betrokke te raak.

Getuienisbediening

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in...”

“Jerusalem”

Uitreik na die onmiddellike omgewing van Berg-en-Dal

  • Sotho-sprekende Christene
    • vaardigheidsontwikkeling (naaldwerkklasse) aangebied vir Sothosprekende vroue – Dinsdagmiddae om 14:00
    • Sotho-eredienste – Sondagmiddae om 15:00
  • Prellerplein werknemers

“Judea”

Uitreik na minderbevoorregte gemeentes en die middestad van Bloemfontein

  • Torings van Hoop (Tweetoringkerk) – middestadbediening en bediening aan haweloses

“Samaria”

Uitreik na die groter Bloemfontein-area

  • Botshabelo – in samewerking met dr. Andries Hoffman
  • Timoteus-uitreik na Bloemfontein en Botshabelo

“Die wêreld”

Uitreik na sendelinge en sendingwerkers in die wêreld

  • San-bediening (Boesmans) – DEGNOS – in Namibië
  • Bediening aan vlugtelinge, vervolgdes en vreemdelinge:
    • Vriendskapsbediening en uitreik na internasionale nagraadse studente – projek KILN (Kent International Leadership Network) in Ohio – Marius en Amanda du Plooy
  • Radio FEBA Suid-Afrika (Far East Broadcasting Assosiation) – uitsending van die Evangelie via radio, internet en sosiale media na ongeveer 50 lande in 141 tale
  • Wycliff Bybelvertalingsprojek in Sentraal Asië 
  • Missie Japan – gesamentlike getuienisaksie van die NG kerk en ander Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in vennootskap met die Reformed Church in Japan:
    • Stéphan en Carina van der Watt en gesin 

Jaarlikse Sendinguitstalling tydens Pinkster
in Berg-en-Dal se
Kerksaal

Uitnodiging aan lidmate

Raak betrokke…

 

  • Skakel in by enige van die aksies of uitreike soos genoem by Barmhartigheids- en Getuienisbediening
  • Bid saam vir al die werksaamhede
  • Bid vir die hulpbehoewendes
  • Bid vir die sendelinge en verspreiding van die Evangelie

Kom help met:

  • Vaardigheidsontwikkeling – naaldwerkklasse vir huiswerkers
  • Die uitpak en verkoop van gebruikte ware by die maandelikse Gemeentemark
  • ‘n Kosmaakbeurt op ‘n Sondag by Torings van Hoop se bediening aan haweloses:
    • Berg-en-Dal se datums: 
  • Skakel met die voorsitter om gereelde nuusbriewe van die sendingaksies waarby Berg-en-Dal betrokke is, te ontvang
Lees meer oor die bedieninge wat Berg-en-Dal ondersteun

Berg-en-Dal is op ‘n gereelde basis betrokke by:

Uitreik na sendelinge en sendingwerkers in die wêreld:

  • Bediening aan vlugtelinge, vervolgdes en vreemdelinge – Vriendskapsbediening en uitreik na internasionale nagraadse studente – projek KILN (Kent International Leadership Network) in Ohio – Marius en Amanda du Plooy – duplooy.newsletter@gmail.com (vra om gereelde nuusbriewe te ontvang)
  • Wycliff Bybelvertalingsprojek in Sentraal Asië – https://www.wycliffe.org.za/  
  • Missie Japan – gesamentlike getuienisaksie van die NG Kerk en ander Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in vennootskap met die Reformed Church in Japan – Stéphan en Carina van der Watt en gesin – http://www.missiejapan.co.za/

Ondersteuningsbediening

Komitee vir Diensverhoudinge

Voorsitter:

Martie Bloem – 0836623436

Rol en verantwoordelikhede
  • Sien om na personeelkorps van Berg-en-Dal, bestaande uit die leraars, orrelis, jeugwerker, skriba, kassier, terreinbestuurder, hulpkoster en terrreinpersoneellede
  • Sien toe dat personeellede behoorlik in diens geneem word, effektief aangewend word en voldoende vergoed word
Komitee vir Eiendomme

Voorsitter:

Hendrik Marx – 0829048536

Rol en verantwoordelikhede
  • Sien toe dat die terrein en gebouekompleks van Berg-en-Dal as bate vir die gemeente bestuur word, behoorlik instandgehou word en verder ontwikkel word
  • Sien om na die verantwoordelike gebruik, versekering en onderhoud van die kombi van Berg-en-Dal
Berg-en-Dal terrein en gebouekompleks
Bestaan uit ‘n doelmatige kerkgebou, ruim kerkterrein, gerieflike sentrum met toegeruste kombuis, kategeselokale, en ‘n geskikte pastorie in Ladysmithstraat. Die kerkterrein en gebouekompleks bied aan die gemeente ‘n ruimte vir:
  • aanbidding van God
  • onderrig en toerusting van belydende en dooplidmate in die Woord
  • feestelike samesyn van die gemeente as gemeenskap van gelowiges
  • dienslewering
  • laaste rusplek in die Gedenkmuur

Die fasiliteite van Berg-en-Dal is ook tot beskikking:
  • van lidmate vir persoonlike gebruik
  • byeenkomste van die NG Kerk in breër verband
  • aan die breër publiek by wyse van ‘n basiese huurooreenkoms

Skakel met die kerkkantoor met die oog op bespreking en huur van lokale.
Komitee vir Geldsake

Voorsitter:

Dewald König – 0832548632

Rol en verantwoordelikhede
  • Sien om na die behoorlike bestuur en administrasie van Berg-en-Dal se geldsake
  • Stel jaarliks ‘n begroting vir Berg-en-Dal saam en hou toesig dat besteding binne die begroting geskied
  • Neem verantwoordelikheid vir die opstel van jaarlikse finansiële state deur ‘n geakkrediteerde ouditeursfirma
  • Kassier sorg vir daaglikse administrasie van gemeentelike geldsake – onder toesig van Komitee vir Geldsake
Inkomstebronne en Uitgawes

Bronne van Inkomste:

    • Maandelikse dankoffers van lidmate – inbetaal via direkte internetbetaling, debietorder of SnapScan
    • Spesiale dankoffer in Meimaand elke jaar
    • Eredienskollekte – vir die gemeente
    • Deurkollekte – vir spesifieke werksaamhede van die kerkverband en goedgekeurde instansies
    • Jaarlikse kermis
    • Inkomste uit verhuring van lokale
    • Inkomste uit advertensies vir Berg-en-Dal almanak
    • Rente-opbrengs op beleggings
    • Erflatings

 

Uitgawes bestaan hoofsaaklik uit:

    • Salarisse en lone van personeellede
    • Instandhouding en bedryfskostes van die kerkgeboue en terrein
    • Bydraes tot die werksaamhede van die kerkverband
    • Ondersteuning van Berg-en-Dal se bedieningsgroepe vir hul werksaamhede

 

Befondsing van spesiale projekte en nuwe bouwerk geskied hoofsaaklik uit skenkings en erflatings wanneer moontlik.

Vir inligting oor ‘n erflating aan Berg-en-Dal, doen navraag by die leraars of die voorsitter van Komitee vir Geldsake.

‘n Inligtingstuk oor Erflatings is by die Kerkkantoor beskikbaar.

Komitee vir Vrouelidmate

Ondersteuningsfunksies van die Vrouekomitee en Wyksleidsters
  • Omgee en sorg binne wyksverband
  • Blomme vir kerk – diensbeurte op kalender
  • Teeskink na eredienste – diensbeurte op kalender
  • Weeklikse voedsel aan Bloemshelter op ‘n Vrydag, saam met wykskerkraadslede – diensbeurte op kalender
  • Wêreldbiddag vir Vroue
  • Herfstee vir senior lidmate van die gemeente
  • Etes en funksies
  • Spesiale projekte
 

Vrouelidmate Fondsinsameling – Februarie en Oktober – Dankie-sê koeverte

Uitnodiging aan vrouelidmate

Raak betrokke by…

  • Al die ondersteuningsfunksies en 
  • Spesiale projekte van die Vrouediens